Monofileties

In hierdie polifiletiese stamboom is die blou en die rooi groep monofiletiese groepe, terwyl die groen groep parafileties is.

Met monofileties of holofileties word in biologie en taksonomie bedoel ’n groep organismes (’n takson) waarvan aangeneem kan word dat hulle almal dieselfde gemeenskaplike voorsaat het, indien die voorsaat self ook in die takson val.

’n Takson wat nie die gemeenskaplike voorsaat bevat nie, maar wel sommige groepe wat van die voorsaat afstam, word polifileties genoem. ’n Takson wat wel die laaste gemeenskaplike voorsaat bevat, maar nie alle afstammelinge nie, word parafileties genoem.


Developed by StudentB